Die wêreldwye navorsings- en adviesfirma Gartner het beraam dat wêreldwye besteding aan inligtingsekuriteit in 2019 meer as $124 miljard sou oorskry. Die rede vir sulke besteding aan inligtingsekuriteit is geregverdig as mens kyk na die gevolge van die ignoreer van die risiko – 'n studie het beraam dat die gemiddelde koste van 'n databreuk met 12% oor die afgelope paar jaar gestyg het tot $3.92 miljoen.
Kuber-aanvalle diskrimineer nie – hulle val organisasies van alle groottes en in elke sektor aan.
Yahoo, Equifax, Target, British Airways en vele ander kan die feit bevestig dat aanvalle met elke besigheid kan gebeur.
Waar die aanvallers 'n duidelike voordeel bo 'n organisasie het, is voortdurende pogings tot penetrasie – 'n organisasie kan soveel aanvalle afweer as wat dit wil, maar dit benodig net daardie een kwesbaarheid om brutale wanware in die weefsel van die onderneming in te neem.
Die gevolge kan rampspoedig wees – 'n idee van die finansiële koste is reeds verskaf, maar selfs vanuit 'n reputasieperspektief is daar groot reperkussies.
Dit is heeltemal duidelik dat kuberveiligheid 'n beduidende bron van kommer is. Trouens, die nadraai van die ignoreer daarvan kan enorm wees en daarom is dit te 'n groot probleem om slegs deur die IT-afdeling hanteer te word.
Alhoewel IT beslis kuberbeskerming kan dryf, is dit ook 'n sakebelang en daarom moet alle belanghebbendes deel daarvan wees.
Welkom in die digitale wêreld
Fisiese besighede verdwyn vinnig – dié wat volhoubaar is, moet aanpas by digitalisering om te floreer. Dit is omdat byna alle besighede in vandag se wêreld digitaal gegaan het of daaraan dink.
Dis die pad na die toekoms – e-handelsreuse soos Amazon het bewys dat miljard-dollar-ondernemings slegs op grond van digitalisering gebou kan word. Dit op sigself vertel jou die enorme omvang van risiko – wanware- aanvalle wat deur die wêreldwye web gekanaliseer word, is die sleutelstrategieë vir kuberaanvallers.
Daarom moet sakestrategieë gebou word met die bedreigingslandskap vir digitale platforms in gedagte.
Dit is nimmereindigend
Die Verenigde Koninkryk se Federasie van Klein Besighede (FSB) het beraam dat klein besighede daagliks 10 000 kuber-aanvalle ervaar. En dit is net in die VK!
Die feit is dat kuberveiligheid 'n meedoënlose bekommernis is en ondernemings kan nooit 'n punt bereik waar hulle voel dat die perfekte verdedigingsmuur gelê is nie.
Dit is te veel vir net 'n IT-span om te hanteer en daarom moet ondernemings dit 'n besigheidswye saak maak.
Alle departemente het 'n rol om te speel in inligtingsekuriteit
Kubersekuriteit is 'n noodsaaklikheid vir ondernemings en word voorspel dat dit een van die grootste tendense vir die volgende dekade sal wees. Dit is noodsaaklik dat alle departemente, nie net IT-spanne nie, dit verstaan.
Byvoorbeeld, 'n verkoopspan moet bewus wees van die kuberveiligheidsprotokolle wat deur hul organisasie ingestel is, sodat hulle dit aan voornemende kliënte kan oordra.
Bemarkingspanne is in beheer van 'n onderneming se kommunikasie en hulle moet die kuberveiligheidsperspektief verstaan om die boodskap aan interne en eksterne belanghebbendes oor te dra.
Selfs vanuit 'n finansiële perspektief help die begrip van kuberveiligheid om skade te kwantifiseer of 'n opbrengs op belegging te voorspel as gevolg van die maatreëls wat geneem is.
Dit is uit bogenoemde punte duidelik dat kuberveiligheid 'n belangrike sake-aangeleentheid geword het wat belanghebbendes nie net van die IT-afdeling moet verwag nie.
Alle departemente moet saamwerk en met mekaar in lyn kom om kuberveiligheidsrisiko's te beveg en ondernemings te help om in hierdie digitale era te floreer.



